South
African Bible Believer
Job 5 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
JOB 5:1 Roep maar--is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?
JOB 5:2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
JOB 5:3 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.
JOB 5:4 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
JOB 5:5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
JOB 5:6 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
JOB 5:7 Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.
JOB 5:8 Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,
JOB 5:9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
JOB 5:10 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
JOB 5:11 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
JOB 5:12 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
JOB 5:13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
JOB 5:14 Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
JOB 5:15 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
JOB 5:16 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
JOB 5:17 Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
JOB 5:18 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
JOB 5:19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
JOB 5:20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
JOB 5:21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
JOB 5:22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
JOB 5:23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
JOB 5:24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
JOB 5:25 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
JOB 5:26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.
JOB 5:27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase