South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Psalms 106

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PSALMS 106:1 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 106:2 Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig?
PSALMS 106:3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
PSALMS 106:4 Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
PSALMS 106:5 dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.
PSALMS 106:6 Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.
PSALMS 106:7 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.
PSALMS 106:8 Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.
PSALMS 106:9 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn.
PSALMS 106:10 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.
PSALMS 106:11 En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.
PSALMS 106:12 Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
PSALMS 106:13 Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.
PSALMS 106:14 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.
PSALMS 106:15 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.
PSALMS 106:16 En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE.
PSALMS 106:17 Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.
PSALMS 106:18 En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek.
PSALMS 106:19 Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n gegote beeld.
PSALMS 106:20 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet.
PSALMS 106:21 Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
PSALMS 106:22 wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
PSALMS 106:23 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
PSALMS 106:24 Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;
PSALMS 106:25 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die HERE nie geluister nie.
PSALMS 106:26 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,
PSALMS 106:27 en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.
PSALMS 106:28 Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;
PSALMS 106:29 en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het.
PSALMS 106:30 Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;
PSALMS 106:31 en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
PSALMS 106:32 Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
PSALMS 106:33 want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.
PSALMS 106:34 Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,
PSALMS 106:35 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
PSALMS 106:36 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword.
PSALMS 106:37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
PSALMS 106:38 en onskuldige bloed vergiet- die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het- sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
PSALMS 106:39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
PSALMS 106:40 Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van sy erfdeel.
PSALMS 106:41 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
PSALMS 106:42 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
PSALMS 106:43 Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.
PSALMS 106:44 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;
PSALMS 106:45 en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.
PSALMS 106:46 En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.
PSALMS 106:47 Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
PSALMS 106:48 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500