Psalms 78 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]
PSALMS 78:1 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
PSALMS 78:2 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
PSALMS 78:3 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,
PSALMS 78:4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
PSALMS 78:5 Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het- om dit aan hulle kinders bekend te maak,
PSALMS 78:6 sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,
PSALMS 78:7 en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,
PSALMS 78:8 en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
PSALMS 78:9 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.
PSALMS 78:10 Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.
PSALMS 78:11 En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.
PSALMS 78:12 Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.
PSALMS 78:13 Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.
PSALMS 78:14 En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.
PSALMS 78:15 Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.
PSALMS 78:16 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
PSALMS 78:17 Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.
PSALMS 78:18 En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
PSALMS 78:19 En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?
PSALMS 78:20 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?
PSALMS 78:21 Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
PSALMS 78:22 omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
PSALMS 78:23 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;
PSALMS 78:24 en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.
PSALMS 78:25 Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
PSALMS 78:26 Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;
PSALMS 78:27 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
PSALMS 78:28 en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.
PSALMS 78:29 Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.
PSALMS 78:30 Hulle was nie weg van hul begeerte nie- hulle voedsel was nog in hulle mond-
PSALMS 78:31 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
PSALMS 78:32 Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.
PSALMS 78:33 So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
PSALMS 78:34 Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;
PSALMS 78:35 en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
PSALMS 78:36 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;
PSALMS 78:37 maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
PSALMS 78:38 Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
PSALMS 78:39 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
PSALMS 78:40 Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis;
PSALMS 78:41 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.
PSALMS 78:42 Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
PSALMS 78:43 toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.
PSALMS 78:44 En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.
PSALMS 78:45 Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.
PSALMS 78:46 En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan.
PSALMS 78:47 Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.
PSALMS 78:48 Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.
PSALMS 78:49 Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes.
PSALMS 78:50 Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.
PSALMS 78:51 En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
PSALMS 78:52 Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.
PSALMS 78:53 Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.
PSALMS 78:54 En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.
PSALMS 78:55 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
PSALMS 78:56 Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.
PSALMS 78:57 En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.
PSALMS 78:58 En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.
PSALMS 78:59 God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.
PSALMS 78:60 En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.
PSALMS 78:61 En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.
PSALMS 78:62 En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.
PSALMS 78:63 Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.
PSALMS 78:64 Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.
PSALMS 78:65 Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn;
PSALMS 78:66 en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen.
PSALMS 78:67 En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,
PSALMS 78:68 maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.
PSALMS 78:69 En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.
PSALMS 78:70 En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.
PSALMS 78:71 Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel.
PSALMS 78:72 En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase