South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Psalms 64

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PSALMS 64:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
PSALMS 64:2 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
PSALMS 64:3 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
PSALMS 64:4 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig- bitter woorde! -
PSALMS 64:5 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
PSALMS 64:6 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
PSALMS 64:7 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!
PSALMS 64:8 Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.
PSALMS 64:9 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.
PSALMS 64:10 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen.
PSALMS 64:11 Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500