South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Psalms 18

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PSALMS 18:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
PSALMS 18:2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
PSALMS 18:3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
PSALMS 18:4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
PSALMS 18:5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
PSALMS 18:6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
PSALMS 18:7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
PSALMS 18:8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
PSALMS 18:9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
PSALMS 18:10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.
PSALMS 18:11 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.
PSALMS 18:12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.
PSALMS 18:13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.
PSALMS 18:14 En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
PSALMS 18:15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.
PSALMS 18:16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
PSALMS 18:17 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.
PSALMS 18:18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
PSALMS 18:19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.
PSALMS 18:20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
PSALMS 18:21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.
PSALMS 18:22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;
PSALMS 18:23 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.
PSALMS 18:24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
PSALMS 18:25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.
PSALMS 18:26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
PSALMS 18:27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
PSALMS 18:28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
PSALMS 18:29 Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.
PSALMS 18:30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.
PSALMS 18:31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
PSALMS 18:32 Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?
PSALMS 18:33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
PSALMS 18:34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
PSALMS 18:35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
PSALMS 18:36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
PSALMS 18:37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.
PSALMS 18:38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
PSALMS 18:39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.
PSALMS 18:40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.
PSALMS 18:41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.
PSALMS 18:42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
PSALMS 18:43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.
PSALMS 18:44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
PSALMS 18:45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.
PSALMS 18:46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
PSALMS 18:47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!
PSALMS 18:48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;
PSALMS 18:49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.
PSALMS 18:50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.
PSALMS 18:51 Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500