South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Psalms 90

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PSALMS 90:1 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.
PSALMS 90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
PSALMS 90:3 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
PSALMS 90:4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.
PSALMS 90:5 Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
PSALMS 90:6 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.
PSALMS 90:7 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
PSALMS 90:8 U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
PSALMS 90:9 Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.
PSALMS 90:10 Die dae van ons jare- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
PSALMS 90:11 Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
PSALMS 90:12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!
PSALMS 90:13 Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
PSALMS 90:14 Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.
PSALMS 90:15 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.
PSALMS 90:16 Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.
PSALMS 90:17 En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500