Psalms 109 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]
PSALMS 109:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!
PSALMS 109:2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,
PSALMS 109:3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
PSALMS 109:4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
PSALMS 109:5 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
PSALMS 109:6 Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.
PSALMS 109:7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.
PSALMS 109:8 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.
PSALMS 109:9 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;
PSALMS 109:10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.
PSALMS 109:11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.
PSALMS 109:12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
PSALMS 109:13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
PSALMS 109:14 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
PSALMS 109:15 Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
PSALMS 109:16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.
PSALMS 109:17 Ja, hy het die vloek liefgehad en- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en- dit het ver van hom af gebly.
PSALMS 109:18 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
PSALMS 109:19 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.
PSALMS 109:20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.
PSALMS 109:21 Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
PSALMS 109:22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
PSALMS 109:23 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.
PSALMS 109:24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
PSALMS 109:25 En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.
PSALMS 109:26 Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,
PSALMS 109:27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.
PSALMS 109:28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.
PSALMS 109:29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.
PSALMS 109:30 Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;
PSALMS 109:31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase