South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Psalms 136

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PSALMS 136:1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:2 Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:3 Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid-
PSALMS 136:4 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:5 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:7 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:9 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:10 Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:11 En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:12 Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:13 Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:14 En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:15 En Farao saam met sy leŽr in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:16 Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:17 Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:18 En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:19 Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:20 En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:21 En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:22 As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:23 Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:24 En ons van ons teŽstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:25 Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:26 Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500