South
African Bible Believer
Psalms 107 [1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]
PSALMS 107:1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
PSALMS 107:2 Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het
PSALMS 107:3 en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
PSALMS 107:4 Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
PSALMS 107:5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
PSALMS 107:6 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
PSALMS 107:7 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.
PSALMS 107:8 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
PSALMS 107:9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.
PSALMS 107:10 Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters-
PSALMS 107:11 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
PSALMS 107:12 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
PSALMS 107:13 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
PSALMS 107:14 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
PSALMS 107:15 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
PSALMS 107:16 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
PSALMS 107:17 Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is-
PSALMS 107:18 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
PSALMS 107:19 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
PSALMS 107:20 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
PSALMS 107:21 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
PSALMS 107:22 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
PSALMS 107:23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters-
PSALMS 107:24 húlle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.
PSALMS 107:25 Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
PSALMS 107:26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes- hulle siel het vergaan van wee.
PSALMS 107:27 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
PSALMS 107:28 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
PSALMS 107:29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
PSALMS 107:30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
PSALMS 107:31 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
PSALMS 107:32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
PSALMS 107:33 Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,
PSALMS 107:34 vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
PSALMS 107:35 Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
PSALMS 107:36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.
PSALMS 107:37 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
PSALMS 107:38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
PSALMS 107:39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer-
PSALMS 107:40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad-
PSALMS 107:41 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
PSALMS 107:42 Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
PSALMS 107:43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase