South African Bible Believer


South African Bible Believers: Afrikaans

 

Psalms 95

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PSALMS 95:1 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
PSALMS 95:2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
PSALMS 95:3 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.
PSALMS 95:4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.
PSALMS 95:5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.
PSALMS 95:6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.
PSALMS 95:7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!
PSALMS 95:8 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
PSALMS 95:9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
PSALMS 95:10 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
PSALMS 95:11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase


The Fundamental Top 500